Drie Soorte Gewers


Gold Line
..

[Verhoorde Gebed] [Verdraaiings van die Woord] [Die Besnydenis] [Die dinge wat tel in God se Nuwe Ryk]
[Die koste van Dissipelskap] [Drie soorte gewers] [Lag in die Gees] [Wis mislukking uit]
[Wit Teologie]
.

DRIE SOORTE GEWERS

Daar is in die algemeen drie soorte gewers, die KLIP, die SPONS en die HEUNINGKOEK. Om iets uit ‘n klip te kry, moet my dit met ‘n hammer kap en al wat jy dan kry is splinters en vonke. Om water uit ‘n spons te kry moet jy dit druk, hoe harder jy druk, hoe meer kry jy. Maar die heuningkoek gee vrywilliglik en loop oor van soetigheid. Hierdie laaste soort gee sonder dat hulle gevra word en van hulle se die Bybel:-

"God het ‘n vrymoedige gewer lief". 2 Kor. 9:7.

Baie mense dink dat dit net die taak van evangeliste of predikante is om siele vir Jesus te wen. As die geestelike lewe in jou kerk ‘n laagtepunt bereik het, dink ‘n mens dadelik dat ‘n besoek van ‘n op-en-wakker prediker wat daarop ingestel is om siele te wen, weer die kerk ‘n geestelike inspuiting sal gee.

Dit werk egter nie so nie. DIT IS DIE TAAK VAN ELKE BEKEERDE CHRISTEN OM SIELE VIR JESUS TE WEN. Elke Christen behoort daarop ingestel te wees om sy of haar Jesus aan mense voor te stel.

Is die Beeld van Jesus in jou duidelik sigbaar sodat ander dit kan raaksien? Dit is skynheilig om die liefde van God te verkondig as jy vol bitterheid, haar en onvergewensgesindheid is. Jy moet jou naaste liefhe, nie omdat jy hulle tot jou denke sal of wil oorhaal nie, maar omdat jy wil he dat hulle die lewende Jesus moet ontmoet. As hulle Hom eers ontmoet het, sal hulle self glo en groei deur hul persoonlike ontmoeting met Hom.

Die uiteindelike doel om mense vir Jesus te wen, is dat hulle die volheidslewe kan ervaar, weet dat die Ewige Lewe hul erfenis is en tot die eer van god kan lewe. ‘n Persoon wat Christus ken, is gered sodat hy God en sy medemens kan dien.


Gold Line

Send mail to Webmaster with questions or comments about this web site.
Copyright © 1999 JV Web Design
Last modified: November 28, 1999