| M | : | Ek belet julle om in ander tale te
        spreek. | 
      
        | B | : | Moenie verhinder dat daar in tale
        gespreek word nie (1 Kor 14:39) | 
      
        | M | : | Die spreek in tale is n teken
        van oordrewe emosionalisme. | 
      
        | B | : | Dis n teken van die gelowige:
        en vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg. Met nuwe tale sal hulle spreek (Mark.
        16:17) | 
      
        | M | : | Om in ander tale te spreek is die
        vermoë om baie ander buitelandse tale aan te leer. | 
      
        | B | : | Want hy wat in n taal spreek,
        spreek nie tot mense nie, maar tot God want niemand verstaan dit nie, maar deur die Gees
        spreek hy verborgenhede. (1 Kor. 14:2) | 
      
        | M | : | Ek is skaam of selfbewus om in ander
        tale te praat. | 
      
        | B | : | Want elkeen wat hom skaam vir My en
        My Woorde, vir hom sal die Seun van die mens Hom skaam wanneer Hy kom in sy heerlikheid.
        (Luk 9:25) | 
      
        | M | : | Om in ander tale te spreek is eintlik
        van die duiwel af. | 
      
        | B | : | En hulle is almal vervul met die
        Heilige Gees en het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit
        te spreek. (Hand. 2:4) | 
      
        | M | : | Spreek in ander tale is 'n soort van
        selfverheerliking. | 
      
        | B | : | Want hulle het gehoor hoe hulle in
        tale spreek en God groot maak. (Hand. 10:46) | 
      
        | M | : | Ander tale was net vir Pinksterdag. | 
      
        | B | : | Tien jaar later spreek hulle nog in
        ander tale volgens Hand 10:46 twintig jaar later spreek hulle steeds in ander tale volgens
        Hand 19:1-6. | 
      
        | M | : | Die spreek in ander tale was net vir
        die Apostels. | 
      
        | B | : | Dit sal voortbestaan totdat die
        Volmaakte (Jesus) gekom het volgens 1 Kor 13:8-12. | 
      
        | M | : | Ek kan nie sien dat die spreek in
        ander tale enige werklike waarde het nie. | 
      
        | B | : | Want hy wat in 'n taal spreek stig
        (om op te bou) homself .. verheerlik God ... stig die ander gelowiges. Dis 'n teken vir
        die ongelowiges. (1 Kor. 14) | 
      
        | M | : | Dis seker maar nie vir ons kerk
        bedoel nie. | 
      
        | B | : | Ek wens dat julle almal in tale
        spreek (1 Kor. 14:5) | 
      
        | M | : | Hulle sal my uit die kerk uitgooi as
        ek in ander tale sou praat. | 
      
        | B | : | Want hulle het die eer van die mense
        meer liefgehad as die eer van God (Joh. 12:43) | 
      
        | M | : | Ons kerk se leerstellings is teen die
        spreek in ander tale. | 
      
        | B | : | Maar tevergeefs vereer hulle My deur
        leringe te leer wat gebooie van mense is. (Matt 15:6) |