Die dinge wat tel in God se Nuwe Ryk


Gold Line
.

[Verhoorde Gebed] [Verdraaiings van die Woord] [Die Besnydenis] [Die dinge wat tel in God se Nuwe Ryk]
[Die koste van Dissipelskap] [Drie soorte gewers] [Lag in die Gees] [Wis mislukking uit]
[Wit Teologie]
.
Die dinge wat tel in God se nuwe ryk.
Toe Jesus sien hoe baie mense daar was, het Hy ‘n entjie teen die berg uitgeklim en daar gaan sit. Sy dissipels het ook by Hom kom sit. Hy begin hulle toe leer en se: "Mense wat besef dat hulle niks het om by God mee te spog nie, kan bly wees want hulle besit die nuwe hemelse ryk!" "Mense wat gewillig is om die minste te wees, kan bly wees want die hele aarde sal hulle erfenis wees!"

Mense wat ‘n brandende begeerte het om te doen wat God wil he, kan bly wees want God sal daardie begeerte bevredig!"

"Mense wie se harte rein is, kan bly wees want hulle sal God sien!"

"Mense wat vrede maak, kan bly wees want God sal hulle sy kinder noem!"

"Mense wat vervolg word omdat hulle doen wat God wil he, kan bly wees want God se nuwe ryk behoort aan hulle.!

"Julle kan bly wees as mense julle beledig omdat julle aan My behoort en sal hulle julle daaroor vervolg en leuens teen julle opmaak. Julle moet bly wees en oorloop van vreugde! Want julle sal ‘n groot beloning kry in die hemel. Onthou, die profete is vroeer ook so vervolg." [Matteus 5:1-12]

As iemand dan een van hierdie bevele van God, hoe klein dit ook al mag wees, nie wil gehoorsaam nie, en hy leer ander mense om dit ook te doen, sal hy in God se nuwe ryk die minste eer ontvang. Maar as iemand sy bevele gehoorsaam en ander ook leer om dit te doen, sal hy in God se nuwe ryk geeer word. "Maar Ek waarsku julle: as julle nie baie meer gehoorsaam is aan God se vereistes as wat die Fariseers en die Skrifkenners is nie, sal julle nooit in sy nuwe ryk inkom nie." [Matteus :10-20]

"Julle het gehoor dat die mense vroeer altyd gese het: ‘n mens mag nie iemand ander vermoor nie, want as jy iemand vermoor, moet jy voor die hof verskyn. Maar Ek se nou vir julle: as iemand vir sy broer kwaad is, moet hy voor die hof verskyn, en as iemand sy broer ‘n niksnut noem, moet hy voor die hoogste hof kom. Maar as iemand sy brier uitskel en hom ‘n swaap noem, sal hy in die hel se vuur beland. [Matteus 5:21-22]

"As julle ander mense vergewe waar hulle verkeerd gedoen het, sal julle Vader in die hemel julle ook vergewe waar julle verkeerd doen. Maar as julle ander mense nie vergewe nie, sal julle Vader julle ook nie vergewe waar julle verkeerd gedoen het nie." [Matteus 6:14,15]

Ek se nou vir julle, op die dag as God oordeel, sal die mense verantwoordelik gehou word vir elke onverskillige woord wat hulle gese het. Want God sal ‘n mens skuldig bevind of vryspreek op grond van wat jy gese het.""[Matteus 12:36,37]

Mens gemaakte reels.
"Waarom steur U dissipels hulle nie aan die gewoontes wat ons van ons voorvaders oorgeerf het nie? Hulle was nie hulle hande volgens die Joodse seremonie voordat hulle eet nie." Toe vra Jesus hulle: "En waarom steur julle julle nie aan god se bevele nie maar julle hou darem vas aan daardie gewoontes van julle? God het gese: Jy moet respek he vir jou pa en ma en Hy het ook gese: "As iemand sleg praat van sy pa of ma, moet hy doodgemaak word. Maar nou se julle: "As iemand die geld waarmee hy sy ouers behoort te onderhou aan die Here belowe, dan het hy nie meer ‘n verpligting teenoor sy ouers nie. So maak julle die bevel van die Here waardeloos deur julle gewoontes. Julle skynheiliges! Dit is waar wat Jesaja van julle geskryf het waar daar in die Skrif staan dat God se:

"Hierdie volk praat asof hulle My eer, maar hulle hart bly ver van My af. Al probeer hulle My dien, beteken dit niks nie want hulle leer die mense reels wat hulle self uitgedink het en dan maak hulle asof dit iets is wat Ek Beveel het.

[Matteus 15:1-9]


Gold Line

Send mail to Webmaster with questions or comments about this web site.
Copyright © 1999 JV Web Design
Last modified: November 28, 1999