|
Die kerkraad van Greytown
skryf: "Dit het onder ons aandag gekom dat daar kasette in ons gemeente versprei word
waarin die leerstellinge van die "Wit Teologie" verkondig word. Ons voel dit Is
veral in die tyd waarin ons leef noodsaaklik om die wanvoorstellings wat hierin gemaak
word, die nek in te slaan. Kan u help, asseblief?" Ongelukkig het Vraebus nog nie self so n kaset ontvang nie, sodat dit uiteraard moeilik is op presies te weet na watter wanvoorstellings hier verwys word. Die sogenaamde "Wit Teologie" is egter nie onbekend nie, aangesien daar verskillende groepe bestaan wat dit propageer. Die oudste en seker bekendste hiervan is die Brits-Israel-Beweging, van wie feitlik al die ander groepe hulle grondstellings oorneem. Fundamenteel gaan dit om n bepaalde siening en hantering van die Ou Testament op grond waarvan bepaalde groepe mense, veral die blanke Europeers, Britte en Amerikaners, as die direkte nageslag van die verlore Tien Stamme van Israel beskou word. Daar word n skerp onderskeid gemaak tussen Jode en Israeliete laasgenoemde, die Tien Stamme, is die eintlike uitverkorenes. Hierdie feit verklaar dan ook die sterk anti-Semitisme of liewer anti-Joodse sentiment wat hy hierdie groepe gevind word. n Gewilde onderwerp in hulle literatuur is die "onthullings" oor n wereldwye Joods-kommunisties-kapitalistiese sameswering. Die Ou Testementiese profesiee word direk in verband gebring met die Tien Stamme en die huidige Westerse wereldgeskiedenis. Oor die posisie van die Tien Stamme van Israel hoef ons nie veel te se nie. Met die val van Samaria (722/21 vC) het die Tien Stamme as n aparte staatkundige entiteit van die toneel verdwyn toe die Asiers die mag oorgeneem het en groot getalle Israeliete weggevoer het. |
VERDWYNING |
Daar is egter aanduidings dat
groepe agtergebly het wat aan die Here getrou was, terwyl later nog van die ander
oorblyfsels saam met die ballinge van Juda na Palestina teruggekeer het. Van die
lotgevalle van die meeste van die mense is egter baie min bekend, feitlik net die name van
sommige van die plekke waarheen hulle weggevoer is. Juis hierdie byna spoorlose verdwyning
van die Tien Stamme het mense deur die eeue gefassineer en gelei tot allerlei teoriee soos
die van die Brits-Israel-Beweging. Wat egter belangrik is, is die feit dat geleerdes
feitlik eenparig met mekaar saamstem dat daar geen hisotiriese feite is waarop hierdie
teoriee gebou kan word nie. Dit berus grotendeels op onbewese konstruksies en aannames. In die verband is dit juis opvallend hoe "geleerd" hierdie teoriee graag wil lyk veral wanneer allerlei taalkundige, etnologiese en teologiese argumente aangevoer word. Hiermee word talle minder ingeligte lede van die publiek verlei omdat hulle uiteraard nie in staat is om deur die skyn van geleerdheid te sien en die argumente op wetenskaplike wyse te ontmasker nie. Afgesien daarvan wil hierdie groepe natuurlik bepaalde doelwitte bereik. Die eerste is die feit dat hulle die blanke Westerse en (by sommige selfs net) Protestantse nasies beskou as die werklike volg wat God uitverkies het. Dit word veral ook deur die voorstanders van n Wit Teologie in Suid-Afrika beklemtoon, Die wit-mense, in vergelyking met die donker heidene enersyds en die Jode andersyds wat krom neuse het! Nog die "heidene" nog die Jode is volgens die Wit Teologie deel van God se uitverkore volg. Jesus self was volgens hierdie groepe nie n Jood nie, maar n suiwer Israeliet. Wat Suid-Afrika en apartheid betref, word gese dat die blankes vandag hier nog op dieselfde wyse geroep en verkies word as Israel van ouds. Alleen die Westerse blanke nasies is Christen-nasies en daarom moet alle vermenging afgewys word: die blanke bloem moet suiwer gehou word. Daarom sal n mens selfs die skokkende uitspraak teenkom dat swartmense nie ons naaste is nie, natuurlik omdat hulle nie tot ons ras behoort nie! |
RASSISME |
Hierdie basiese rassisme word
nou aangebied in allerlei pamflette, vlugskrifte kasette en ander publikasies oor n
verskeidenheid van onderwerpe, byvoorbeeld die wegraping, die wederkoms, die engele,
wetlike voorskrifte, profesiee, Rusland, Jode, geldmag en dikwels ook uitleggings van
Skrifgedeeltes. In werklikheid gaan dit elke keer maar weer oor dieselfde saak, naamlik
die feit dat alleen blankes uitverkore is. Ons fundamentele beswaar teen hierdie groepe is natuurlik die grootskaalse misbruik wat daar van die Skrif gemaak word ten spyte van die feit dat hulle almal hulle Skrifgebondenheid wil beklemtoon, Hulle toon geen begrip vir die eie aard van die onderskeie bybelboeke nie, het n verwronge opvatting van die wese van die bybelse profesie en hanteer die bybel vanuit n eie vooraf-vervaardigde ideologie. Hierdie werkwyse toon n grondige gebrek aan respek vir die Woord van God en kan alleen op ernstige dwaalwee voer. Onnodig om te se, feitlik alle beginsels van gesonde Skrifuitleg ontbreek totaal by hulle. Belangrik is nou juis die feit dat die hoeksteen van hulle ganse beskouing blad nie op die Skrif berus nie, maar op twyfelagtige spekulasies oor die Tien Stamme. Soos ons gesien het, berus die Wit Teologie juis op die aanname dat die Tien Stamme die uitverkore volg van God is en dat die blanke Westerlinge die regstreekse afstammelinge van die volg en dus ook die hedendaagse uitverkorenes is. Dele van hierdie aanname is nie alleen in direkte stryd met die Skrif nie, maar verteenwoordig ook n verregaande verwringing van enige verantwoordelike geskiedenisbeskouing. |
OOREENSTEMMING |
Dit is merkwaardig watter
ooreenstemming daar bestaan tussen hierdie Wit Teologie en sommige van die vertakkinge van
die meer radikale Swart Teologie! En daarmee is seker al genoeg gese. Wat gelowiges al dadelik aanvoel, is die vreemdheid van hierdie beskouinge in die lig van die Evangelie se diepste wese en bedoeling. Teenoor liefde van god wat tot alle mense uitgaan, is hier n rassistiese en harde eksklusiwiteit. Nie jou geloof in God die Vader van almal nie maar jou velkleur bepaal jou geestelike bestemming. Daarom dan ook dat die ware eksklusiwiteit die verlossing alleen in Jesus Christus heeltemal op die agtergrond raak. |
Send mail to Webmaster with questions or comments
about this web site. |